Hokkie Inland Spelers

Tiné Pretorius het tydens die Julie vakansie die Amathole /Border Inland o/16 span verteenwoordig. Sy het van 29 Junie tot 2 Julie getoer na Paarl. Die toernooi is by Paarl Gimnasium gehou en was baie goed georganiseerd gewees. 

Uitslae van wedstryde was as volg:

Verloor teen WP South  0-3
Verloor Teen WP North 0-4
Verloor teen Boland  0-4
Wen Noord-KaapPlatteland 2-0
Verloor Namibia 0-3

Die span het 5de uit 6 provinsies geeindig. Tiné het op vele posisies gespeel maar sy het haar goed van haar taak gekwyt. Sy het Aliwal – Noord Hoërskool se naam hoog gehou.

Anica Pretorius, Zintle Makehle, Kamy McPerson en Charné Cawthorn het tydens die Julie vakansie die Amathole /Border Inland o/18 span verteenwoordig. Anica is ook as kaptein verkies vir hierdie span. Hulle het van 29 Junie tot 2Julie getoer na Paarl. Die toernooi is ook by Paarl Gimnasium gehou.

Uitslae van wedstryde was as volg:

Speel gelyk op teen WP South  1-1
Verloor Teen WP North 3-0
Verloor teen Boland 2-0
Wen Noord-Kaap Platteland 3-1
Wen Namibia 1-0

Die span het 4de uit 6 provinsies geeindig en het oor die algemeen baie goed gespeel. Al 4 hierdie spelers het baie goeie hokkie gelewer. Hulle het die Alies naam hoog gehou!