Hoërskool Aliwal-Noord se skuts het die afgelope naweek aan Prysskiet 5 by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein gaan deelneem. Die skuts het die Buffel-naam hoog gehou en hulle uitslae was sommer in die kol.
In die O/21 afdeling behaal William Muir ‘n 12de plek met 810 punte.
Izelle van Vuuren het ‘n goue medalje buffelkamp toe gebring deur ‘n 1ste plek uit 68 skuts in die O/16 afdeling met ‘n 880 puntelos te skiet. Johané Malan het ook in die O/16 afdeling deelgeneem en ‘n 19de plek behaal met 789 punte.
In die O/14 afdeling het Gary Marx ‘n 2de plek uit 62 skuts met 835 punte behaal en so ook gesorg dat ‘n silwer medalje Alie-land toe kom. Nellie Geldenhuys het ‘n 4de plek behaal met 807 punte. Annika de Wet het ‘n 46ste plek behaal met 624 punte.
Hierdie skuts stel nooit teleur nie, hulle is passievol en gedetermineerd om die Alie-naam hoog te hou.