Vrydag 18 Februarie het ons atlete aan die Sentraal Top 20 atltiekbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem. Die byeenkoms is deur skole regoor die Vrystaat bygewoon en die gehalte atletiek was van ‘n baie hoë standaard.
Ons sê baiegeluk aan die volgende atlete wat goeie prestasies behaal het. Janco Labuscagnie behaal ‘n 2de plek vir Mans o/10 100mH in ‘n tyd van 16.50s. Logan Thyssen behaal ‘n 2de plek vir meisies o/15 LJ met ‘n afstand van 4.38m. Petra Kok meisies o/15 vir 100m behaal ‘n derdeplek met ‘n pragtyd van 12.80s. 4de Plekke is behaal deur Ethan du Plessis vir seuns o/17 200m in 23.05s ; Kamy McPherson vir meisies 0/17 LJ (4.38m) en Keyshaun Basson vir seuns 0/15 100m (11.89s) en Tristan Heynes seuns o/17 110mH (16.50s).