Die VCSV het in die tweede kwartaal ‘n pragtige spanpoging aangewend om ‘n houtkruis te mosaiek.
Elke lid het sy of haar klippie of stukkie spieël teen die houtkruis gegom met die wete dat ons hoop lê nie in ons eie krag nie, maar in Jesus want deur Sy bloed is ons vrygekoop!
Langs die kruis is twee plaatjies, in Engels en Afrikaans, met Psalm 119:9 daarop wat lui: “Hoe sal ‘n jongmens sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U woord.” Soos elke leerder deur die ingang loop word hul herinner aan Jesus se groot geskenk aan ons en dat daar altyd hoop is in Christus.