Maandag, 16 Augustus, was dit weer vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd, tyd om die tennisbaan aan te durf vir ‘n formele wedstryd.
Wedstrydtyd 14:30. Na ‘n baie lang Wiskunde toets en ook ‘n Lewenswetenskaptoets was die Alie span slaggereed om die Zastron span aan te durf. En wat ‘n ongelooflike uitkoms was dit nie. Ons Aliespan wen oortuigend 24-0. Dit wil gedoen wees. Baie geluk Tennisspan. Julle is toe nie so verroes soos wat julle gedink het nie.