Vrystaat Semi-finaal Luggeweerskiet

Op 13 en 14 Augustus 2021 het die Semi-finaal luggeweerskietkompetisie plaasgevind by Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein.

Ons 4 skuts het al 4 deelgeneem en soos gewoonlik baie goedgevaar. Die uitslae was as volg:

In die 0/21 groep behaal William Muir 13de plek met 760 punte.
Joane Malan neem deel in die 0/16 groep en behaal ‘n 24ste plek met 737 punte.
In die 0/14 afdeling doen ons 2 skuts ook baie goed. Gary Marx behaal ‘n 10de plek met 735 punte.
Izelle van Vuuren wen weer ‘n uitstekende 1ste plek met 853 punte. Dit is 37 punte meer as die 2de plek.

Baie geluk Izelle ons is baie trots op jou. Baie geluk aan William Muir, Izelle van Vuuren en Gary Marx wat deur is na die finale rondte op Saterdag 21 Augustus 2021. Ons hou duime vas dat julle deel gaan wees van die Vrystaatspan wat ook Saterdag aangekondig sal word. Die SA’s vind plaas op 24 en 25 September 2021. Baie geluk aan ons skuts wat regtig baie goed gevaar het hierdie jaar.