Graad 12 Gasvryheidstudies Praktiese Eksamen

Die Graad 12 Gasvryheidstudie-leerders sien elke jaar uit om hul kennis ten toon te stel deur ‘n watertand viergang maaltyd te bedien. Die viergangete, sowel as hul dekor vernuf, maak deel uit van hul praktiese eksamen.

Die groot feesmaal was Vrydag die 27ste Augustus gehou by ons eie “Oppibult” restaurant. Die leerders het self die kos voorberei en moes boonop kelner ook speel. Die ere gaste het gesmul aan hors d’oevres, dis nou vingerhappies vir ons gewone ouens, van komkommer en tuna in wiele gerol. Die voorgereg was heerlike warm butternutsop met varsgebakte brood. Die hoofgereg was beeshaas met sampioensous, geroosterde aartappels, geglaseerde groenbone en wortels en ‘n ou gunsteling van pampoenkoekies met karamelsous! Geen maaltyd is voltooi sonder om die soettand te bevredig nie. N’ Nagereg van aarbeikaaskoek is bedien en versier met aarbeistokkies.

Baie geluk aan elke Graad 12 Gasvryheid-leerder wat ywerig gewerk het om die aansitete ‘n groot sukses te maak! Julle het ‘n blink kosmaak-toekoms wat wink