Sakkie, ons eie Pensteek kampioen!

Sakkie Kotze het die naweek deelgeneem aan die Oos-Kaap Pensteek Kampioenskappe waar 23 ruiters deelgeneem het om moontlik verkies te word om aan SA’s deel te neem later die jaar. Hy het uitstekend gevaar en het 177 punte uit ‘n moontlike 195 punte verwerf. Sakkie is aangewys as die Junior Victor Ludorum en Junior Best Man. Spoggerig, Sakkie!