ANHS spog met talentvolle netbalspeelsters sowel as onderwysers. Die afgelope twee naweke (3-5 Sept. in PE en 10-12 Sept. in Oos-Londen) het Juffrou Petro Makkink en Juffrou Ané von Gericke die Oos-Kaap se Provinsiale spanne se oefenkampe bygewoon.
Juffrou Petro is een van die O/17 Netbal spanne se afrigters. Juffrou Ané is die O/17 se spanbestuur. Bohlokwa Tsemane ñ graad 11 dogter was gekies vir die O/17 Oos-Kaap span en Chumikazi Qaqane is gekies vir die O/18 Oos-Kaap span. Hulle gaan die vakansie van 2-7 Oktober deel neem aan die SASN Telkom Challenge Netbal toernooi in Pretoria. Knapgedaan, dames!