Die Hoërskool het hul 1ste wedstryd van 2021 op n hoë nooit afgeskop deur hul 1ste wedstryd teen die Mavericks oortygend te wen. Die Alies se 2de wedstryd speel hul net so goed maar val ongelukkig op die einde vas en verloor met 3 paailtjies teen die Underdogs.
Spelers wat goed gevaar het was Tiaan Nagel wat al die kolwers nagmerries gegee het met sy onvoorspelbare vaart en beweging van die bal.
Logan Geldenhuys het ook geskitter met die bal en kolf. Hy is stadig maar seker besig om ‘n goed afgeronde “all rounder” te word.
Liam Pretorius is self ‘n bestendige openings kolwer wat van krag tot krag gaan.
Ons sien uit na wat die res van die Liga vir ons krieketseuns gaan in hou.