Tydens die langnaweek van 24 en 25 September 2021 het die Suid-Afrikaanse Luggeweerkampioenskappe plaasgevind by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. Skuts van regoor die land het deelgeneem en soos gewoonlik het Izelle van Vuuren Alies se naam baiehoog gehou.
Izelle was deel van die 0/14A Vrystaat span wat ‘n algehele 1ste plek, goud, behaal het. Izelle se uitslae was ‘n toonbeeld van haar deursettings vermoë, hardewerk en baie lang ure se oefen. Sy behaal ‘n 2de plek in beide haar items, 2 x 3p en 10m staan, asook ‘n algehele 2de plek in Suid-Afrika.
Baie geluk, Izelle. Jy maak ons baie trots.