Alie skuts skiet stof in onderwysers se oë

Op 16 Oktober 2021 het die Alie luggeweerskuts ‘n opedag gehou om vir leerders wat belangstel te demonstreer waaroor die sport nou eintlik gaan en selfs bietjie touwys te maak terwyl hulle self ‘n paar skote skiet. Die toeskouers het ook die geleentheid gekry om ‘n paar keer aan te lê.

‘n Gesonde kompetisie tussen die onderwysers en Alie skuts het tot baie vermaak gelei. Ongelukkig moes die onderwysers die knie buig en ‘n afspraak by die naaste oogarts oorweeg. 

2021 was ‘n baie suksesvolle jaar vir die vier Buffel skuts nl. Izelle van Vuuren, William Muir, Johane Mallan en Gary Marx. Hierdie belowende groep leerders offer baie tyd op om die kuns van akkuraatheid, vorm en konsentrasie te volmaak.  

The following sponsors contributed to a very successful open day. Without your support and contributions this day would not have been possible.  A special thanks to Media Market, Gustav Smook, OK Grocery Store, Robert Dorington, Aliwal Toyota, and Metro Fruit & Veg.