Alies se tennissplers blink uit by Berg Meubels Tennistoernooi!

Saterdagoggend 6 November 2021, het 3 seunsspanne en 2 meisiesspanne aan Berg Meubels se 1ste tennistoernooi in Aliwal-Noord deelgeneem en dit was alles behalwe treurige tennis!

Vroeg-vroeg kon ‘n mens al sien dat die dag skitterende tennis gaan oplewer. Baie dankie aan Landboudal en Queens wat hierdie dag saam met ons kon deel. Dit was groot prêt!

Hier volg die dag se uitslae:

Alies se 1ste meisies speel teen Landboudal en wen hulle oortuigend 6-0. 

Seuns se uitslae was soos volg:

  • Alies 1 vs Queens wen 4-2
  • Queens wen Landboudal 4-2
  • Alies 1 wen Landboudal 5-1

Die wenners van die dag was Alies seuns 1 en Alies dogters 1.

BAIE, BAIE dankie aan Berg Meubels wat vir ons hierdie dag geborg het. Ons hoop dat dit die begin van nog vele meer sal wees. Dankie julle is tops!