Rugbyafsluiting 2021

Gistraand het ons afskeid geneem van die matriek Buffels asook die oorblywende spanlede gegroet vir die jaar. Die Buffels het gesmul aan ń feesmaal en het die jaar sodoende op ń hoogte punt afgesluit.

Graag wil ons baie dankie sê aan ons lojale borge: Wimpy, Vic Clothing en Clinton Kumm.

Dankie ook aan al die rugby manne wat ten spyte van ń moeilike jaar steeds positief gebly het. Lekker rus die vakansie, maar bly fiks want 2022 se rugbyseisoen beloof om een vir die boeke te wees!