Robert Orrock, 'n matriekleerder van ANHS het die afgelope naweek aan die Oostelike Provinsie se ASA liga 2 byeenkoms in PE aan die 3000m hindernis gaan deelneem. Hy bereik 'n eerste plek met 'n prag tyd van 10:05.30s (870 punte).
Ons sê vir jou baie geluk en sien jou harde werk raak en sien uit na al jou wedlope voorentoe hierdie jaar.